Met die Rand se waarde wat vandag so laag
gedaal het is die enigste manier om by te bly, om Dollars te verdien.
Die maklikste
manier om Dollars te verdien is om dit deur die internet te doen, deur Google
se Adsense program en deur YouTube.
Google Adsense
Google adsense sit
advertensies op jou webblad of op jou blog.
Om ‘n webblad te begin
gaan jou n hele paar Rand uit die sak jag terwyl ‘n blog jou niks kos nie. Jy
registreer doodeenvoudig op Blogger. Nog ‘n Google program.
Jy maak ‘n blog oop en
skryf artikels wat jy dan daarop plaas. Dan sit jy Google Adsense advertensies
op jou Blog.
Jy word slegs vir die
advertensies betaal indien iemand op een van hulle kliek.
Daarom moet jy soveel
as moontlik artikels skryf om soveel moontlik advertensies op te kan hê.
Dit is egter nie so
maklik om ‘n klomp artikels oor een onderwerp te skryf nie daarom is dit vir my
beter om ‘n klomp verskillende onderwerpe te kies en dan weekliks een artikel
oor elkeen van die onderwerpe te skryf.
YouTube
Om geld te maak op
YouTube moet jy videos op YouTube hê wat ge-“monotize” is.
Daar is egter ‘n paar
voorwaardes op waarvan jy jou moet vergewis.
Onderandere mag dit
nie iemand anders se musiek op hê nie, slegs you eie.
Daar mag geen ander
produkte op wees soos bv. ‘n
blikkie coke nie. Hulle sien dit as advertensies.
Jy kan sulke
videos opsit maar jy gaan nie geld daaruit kan verdien nie.
Nadat jy jou
video opgelaai het sit hulle advertensies daarop, en dis hoe jy geld maak.
Jy verdien maar
net ‘n paar sent vir elkeen wat jou video dan kyk. Maar dis Amerikaanse sente.Dit is hieroor dat jy ‘n plan moet maak dat soveel moontlik mense na jou video sal kyk.
Daar is geen waarborg
dat enigeen na jou videos sal kyk nie en niemand weet ook hoekom sommige videos
“viral” gaan nie. Dis nou dat miljoene mense na you video kyk.
Hieroor moet jy soveel
videos as moontlik oplaai om jou kanse te verbeter dat hulle raakgesien word.
Slot
Kom ons maak ‘n paar
sommetjies.
Indien die Rand R16.00
teenoor die Dollar is hoef jy slegs $62 500.00 te verdien om R1 000 000.00
te hê.
So hoe slegter die
Rand is hoe minder Dollars hoef jy bymekaar te maak vir R1 000 000.00.
So laat die dollars
inrol.
Hier is ‘n voorbeeld
van my videos: Kyk hier na did